En werklikwaar, daar is nóg vyf redes hoekom jy ’n vlug op Airlink na Nosy Be in Madagaskar moet bespreek.

Skubaduikers, sporthengelaars en natuurfotograwe is geneig om te dink jy moet ’n leeftyd lank spaar vir ’n peperduur bestemming vér anderkant die waters … terwyl ’n klein stukkie, ongerepte paradys ’n kort, billike vliegtuigrit van ons af sit: Welkom in Madagaskar!

1. Met meer as 20 duikplekke, spieëlgladde water en sigbaarheid van 30 tot 50 meter in die water, is Nosy Be dié plek vir skubaduikers. Gryp die geleentheid om besondere koraalformasies te sien en skouers met 1000 verskillende visspesies te skuur. Tussen September en November, kan besoekers saam met die walvishaaie duik.

Droombestemming vir 'n duiker

2. Pak die kamera én die GoPro in! Nosy Be is die hoofstad van onderwaterfotografie, en met die kleurryke markte op die dorp, die kokosneutbome, die honderde plekkies waar jy kan aansit vir vars seekos en tuisgemaakte rum, gaan jy foto’s vir ’n vale neem. 

Soveel om te sien en doen
Spierwit strand en kristalhelder water

3. Jy hét al Afrika se Groot Vyf gesien, maar het jy al die lemur gesien wat uniek aan Madagaskar is? Die locals noem Nosy Be “Nosy Manitra” (die “lekerruik-eiland), en as jy deur sy tropiese woude stap, sal jy sien en ruik hoekom!

Dit is ook hier waar jy Madagaskar se unieke lemurspesie en eiesoortige verkleurmannetjies sal raakloop. As jy nie die lemurs in die woud opspoor nie, besoek Lemur Land in Nosy Be, waar jy mak lemurs kan sien, en sommer ook ’n brouery kan besoek. Madagaskar is trots op sy skilpadspesies en het gebiede soos dié by Sakatia Lodge afgesper om hulle te bewaar.  

Dit is ook hier waar jy Madagaskar se unieke lemurspesie en eiesoortige verkleurmannetjies sal raakloop.

Madagaskar het 'n unieke lemurspesie

4. Besoek die eilande – op ’n katamaran. Nosy Be is deel van ’n argipel met verskeie eilande, wat almal binne maklike bereik is. Hier is verskeie diensverskaffers wat jou op dagtoere na van die omliggende eilande sal neem.   

5. Kom rus! Jy hoef nie hier soos ’n mal ding op ’n rooi bus te klim en die een toeristebestemming na die ander op ’n lys af te tik nie. Dis ook nie die soort bestemming wat jy met ’n miljoen ander mense hoef te deel nie. Jy kan maar jou dae luilekker omkuier met jou tone in die sand, en so elke nou en dan in die koel water duik.

Dis ook nie die soort bestemming wat jy met ’n miljoen ander mense hoef te deel nie.

Die eilandbewoners het ’n lewensfilosofie van “mora mora” (“môre, môre”), en doen niks gejaag nie. Is dit nie presies wat jy nodig het om jou batterye te herlaai nie?

Kom rus op die Tsarabanjina-strand
Kom rus!

Danksy Airlink se direkte vlugte vanaf Johannesburg is hierdie stukkie paradys binne bereik. Besoek vandag nog www.flyairlink.com.

Airlink