Die sewe pragtig gestileerde selfsorgwooneenhede, ontwerp met flair, lê skouspelagtig tussen inheemse bome op ’n plaas van 40 hektaar, sowat 5 km van die Witrivier-middedorp af. Witrivier is slegs drie en ’n half uur se ry van Johannesburg en Pretoria af.

Die oord is perfek vir bergfietsryers, gholfliefhebbers, ouers wat moet reis om skolesport by te woon, sakelui op reis . . . met ander woorde: Almal is welkom! Van hier af is dit maklik om by die Krugerwildtuin en die Panoramaroete uit te kom – NAD Living is dus ’n gerieflike stilhouplek voor jy op safari gaan.

Die bergfietsroetes begin reg voor die hek. Van hier af kan jy die roetes deur die bosse volg.

Die Witrivier-buiteklub het 18 putjies – ’n kampioenskap-gholfbaan – en is net 3 km ver. NAD Living die ideale basis tussen die besige stadslewe in Mbombela en die vreedsame bosroetes spesiaal vir bergfietsry, voetslaan en draf.

Nadat jy alles ervaar het wat die Laeveld jou kan bied, kan jy tot rus kom en ’n ete in die buitelug geniet. Óf op jou bed ontspan en jou verkyk aan die uitsig deur vensters wat van die vloer tot die dak strek.

Elke eenheid – met twee koninggrootte of vier enkelbeddens – kan twee volwassenes huisves. Die eenhede met koninggrootte beddens het elk ook ’n wegvoubed waarop tot twee kinders (jonger as 12 jaar) kan slaap.

Die nuwe hoëplafon-gesinseenheid het ’n slaapkamer op die boonste vlak met ’n en suite-badkamer en koninggrootte bed.

Die pasgemaakte L-vormige rusbank op grondvlak kan met min moeite in twee enkelbeddens omskep word. ’n Gesin van vier kan dus gerieflik in dié eenheid bly.

Elke eenheid het ’n private stoepie met ’n eie gasbraaier, plek om buite te kuier en maklike toegang tot ’n pragtige gemeenskaplike swembad. Al die kamers het lugreëling en in die winter sal ’n gaskaggel julle snoesig warm hou.

Die eenhede het elk ’n goed toegeruste kombuisie met ’n mikrogolf-/braai-oond, vierplaatgasstoof, yskas, ketel, broodrooster, strykyster, messegoed, breekware en moderne geriewe, soos ’n platskerm-TV met DStv. Jy hoef ook nie oor veiligheid bekommerd te wees nie: Die eiendom word beveilig deur ’n muur en ’n veiligheidsheining.

Bring jou bergfiets saam vir epiese fietsryroetes met switch-backs, asook ’n enkelspoorroete. Danksy hierdie kenmerke is NAD Living die allerbeste plek in die Laeveld om te oefen. Die fietsry- en drafroetes sluit in lusse en heuwels oor 40 km met verskillende moeilikheidsgrade, van maklik tot uiters moeilik.

Padfietsryers kan die heuwels op pad na Sabie pak en ’n nabygeleë dam met sy skoon water is ideaal vir driekamp-atlete om in te oefen. Hier is ook ’n sentrale fietswassery en jy kan jou fiets gerieflik en veilig op jou patio bêre.

Boonop lê wêreldbekende toeriste-trekpleisters slegs een en ’n half uur se ry van Witrivier af. Die ouwêreldse dorpie Sabie lê op pad na die Blyderiviercanyon, die Bourke’s Luck-maalgate en God’s Window.

Hou ’n bietjie stil by Graskop en besoek een van sy bekende pannekoekrestaurante of Kaapschehoop met sy wildeperde en asemrowende uitsigte oor die boswêreld en die vlaktes van die Laeveld. Longmere is ’n paradys vir kanovaarders, met ’n lang nou dam en nie te veel bote wat jou roeiery sal bederf nie.

NAD Living naby Witrivier se stylvolle wooneenhede is die ideale romantiese wegbreekplek vir paartjies, en hemel vir bergfietsryers en buitelewe-liefhebbers. Dis nes jou huis weg van die huis af en sal jou beslis nie teleurstel nie.

Adres:

Drakensbergstraat 1121

Witrivier

Mpumalanga

1240

Kontak:

060 998 2036

reservations@nadliving.co.za

Webwerf:

www.nadliving.co.za

Facebook:

NAD Living

NAD Mountain Bike Team

GPS-koördinate:

S 25°16' 42.6396"; E 30° 59' 27.0456"