Danksy MotorHappy, ’n filiaal van Motus Corporation, kan jy ’n road trip vir 4 mense ter waarde van R80 000 wen!

MotorHappy nooi alle Suid-Afrikaners om Suid-Afrika se ongelooflikste padreis op die webwerf die Ultimate Journey aan te wys. Die webwerf sal stemme van die publiek gebruik om Suid-Afrika se droom-padreis te bepaal.

Deur die loop van die kompetisie, wat op 14 Oktober sluit, sal MotorHappy al die data van Suid-Afrika se gewildste bestemmings versamel – en die mooiste roetes om daar te kom – en sal die Beste Padreis in die Land aangewys word.

Deelnemers wat bestemmings op die webwerf benoem, of wat stem vir ’n bestemming wat iemand anders opgelaai het, kom in aanmerking vir die trekking waarin iemand ’n padreis ter waarde van R80 000 in ’n geborgde Kia Sportage sal wen!

Verlede jaar is 2000 bestemmings in Suid-Afrika bygevoeg op die Ultimate Journey-webwerf, en is meer as 37 000 stemme ontvang. Die vorige jaar se “Ultimate Journey” het 25 bestemmings oor die lengte en breedte van die land ingesluit.

Sommige bestemmings was bekende staatmakers en voorspelbaar, soos Kaapstad, Hermanus en die Krugerwildtuin, maar daar was ook ’n paar versteekte juwele, soos Wild About Whisky by Dullstroom, die De Grendel-wynlandgoed net buite die Moederstad en die Gariepdam op die grens tussen die Vrystaat en die Oos-Kaap.

Dís wat jy moet doen:

1. Gaan na die webwerf die Ultimate Journey 

2. “Pin” jou gunsteling-bestemming in Suid-Afrika op die kaart, en laai ’n foto op as jy een het.

3. As jou gunsteling-bestemming reeds gelaai is, stem daarvoor en voeg ’n opmerking daaroor by.

4. Deel jou bestemming op sosiale media en merk dit met #UltimateJourneySA 

5. Laat jou vriende en familie vir jou inskrywing stem by Ultimate Journey



Vir meer inligting, gaan na die Ultimate Journey-webtuiste of MotorHappy op Facebook, Instagram or Twitter. Volg die hutsmerk: #UltimateJourneySA