Jy benodig

  • 200 g klaar rou deeg
  • olyfolie, vir smeer
  • 8 eetlepels tamatiesmoor
  • 8 salami, in skyfies gesny
  • 1 koppie mozzarella- en cheddarkaas, gerasper
  • 1 koppie gekerfde sampioene

Só maak jy

1. Smeer die jaffelpanne (gebruik meer as een) met olie.

2. Rol die deeg dun uit in ’n reghoek en sny dit dan in 4 kleiner reghoeke wat twee keer so    groot soos die jaffelpan is.

3. Sit die helfte van die deeg oor die onderste pan en laat die res oorhang.

4. Smeer tamatiesmoor op die deeg wat in die pan is en pak van die bestanddele bo-op.

5. Vou die deeg wat oorhang bo-oor, knyp dit langs die kante toe en maak die pan toe.

6.  Braai die jaffel vir 10-15 minute oor matige hitte. Draai dit gereeld om sodat die deeg nie brand nie.