Jy benodig

(genoeg vir 5)

  • 1 eetlepel (15 ml) olyfolie
  • 1 pakkie (250 g) ontbytspek, grofgesnipper
  • 1 pakkie (400g) sampioene, grofgesny 
  • 10 hoenderporsies
  • sout en peper
  • 6 wortels, in dik wiele gesny
  • 3 groot uie, in skywe gesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • ¼ koppie (60 ml) sjerrie (of gebruik port)
  • ½ bottel (375 ml) rooiwyn
  • 1 blokkie (10 g) hoenderaftreksel
  • 1 koppie (250 ml)kookwater
  • 1 takkie vars tiemie
  • 3 eetlepels (45 ml) koekmeel
  • 3 eetlepels (45 ml) sagte botter

Só maak jy

1. Verhit die olyfolie in jou nr. 3-pot en braai die spek tot dit gaar is. Skep dit uit en hou dit eenkant. Braai nou die sampioene tot goudbruin en skep hulle ook uit.

2. Geur die hoenderstukke met sout en peper, braai hulle in die pot bruin en skep dit ook uit. Braai die wortel, ui en knoffel vir 5-10 minute en roer die sjerrie of port by.

3. Gooi die spek, sampioene en hoender terug in die pot en skink die rooiwyn by. Los die hoenderaftreksel in die kookwater op, gooi dit ook in die pot en voeg heel laaste die tiemie by. Sit die deksel op en laat die pot vir sowat 90 minute kook tot die hoender en wortel deurgaar is.

4. Meng die meel en botter tot ’n sagte smeer, en roer dit dan versigtig deur die pot. Laat die potjiekos vir nog sowat 20 minute prut tot die sous verdik het.


WegSleep sê: Hierdie hoenderpotjiekos smaak vorentoe saam met knoffel-kapokaartappels – sien die resep.