Jy benodig

• 1 pakkie (250 g) bruinsampioene
• 3 eetlepels witwynasyn
• 2 eetlepels suurlemoensap
• 2 eetlepels sesamolie
• 1 eetlepel heuning
• 3 eetlepels sojasous
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 1 toontjie gemmer van 2 cm, gerasper
• ’n hand vol koljanderblare, gekap
• 1 wortel, geskil en in fyn repies gesny
• 1 komkommer, in fyn repies gesny
• 1 rooi soetrissie, ontpit en in fyn repies gesny
• 100 g roketblare

Só maak jy

1. Meng die sampioene, asyn, suurlemoensap, olie, heuning, sojasous, knoffel, gemmer en koljanderblare saam in ’n groot bak, maak dit dig toe met kleefplastiek en laat die sampioene vir 3 uur marineer.

2 .Roer die gemarineerde sampioene deur die wortel-, komkommer- en soetrissierepies plus die roketblare.