Jy benodig

  • kleefplastiek
  • 1 eier
  • roosterbrood, vir voorsit

Só maak jy

1. Sit ’n groot vel kleefplastiek oor ’n beker of koppie en druk met ’n houtlepel ’n holte daarin.

2. Breek die eier in die holte in die plastiek en draai die kleefplastiek stewig toe. Los ’n bietjie plek sodat die eier kan uitsit.

3. Sit die eier vir 3 minute (die tyd hang af van hoe sag of hard jy jou eier verkies) in ’n kastrol met vinnig kokende water.

4. Haal die sakkie uit die water en laat dit effens afkoel voordat jy die eier uit die plastiek haal en op roosterbrood voorsit.