1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n oondpan van 20 cm x 20 cm uit met bakpapier wat 4 cm oor die kante hang en smeer dit goed met botter.

2. Pols 3 eetlepels vlassade en chia of kakaobone saam in die voedselverwerker tot grof gekap.

3.  Meng dit saam met die res van die droë bestanddele en druk die mengsel in die pan. Verhit  die heuning en klapperbotter en meng deur die droë mengsel.

4.  Bak vir 20 minute of totdat dit begin verkleur. Laat dit afkoel in die pan voordat jy die stafies sny.