Vinnig en vullend!

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 4 gaar roosterkoeke
  • 2 eetlepels botter
  • 2 eetlepels blatjang
  • 2 eetlepels chermoulasmeer
  • 250 g haloumi, in 4 skywe gesny

Só maak jy

1. Sny die roosterkoeke middeldeur en smeer dit met die botter, blatjang en chermoulasmeer. Sit dit eenkant op die rooster om warm te raak.

2. Braai die haloumiskywe in ’n pan tot dit warm en bros is.

3. Vul die roosterkoek met die warm haloumi en val dadelik weg.

Weg Ry & Sleep sê

Haloumi raak rubberig as dit weer afkoel – dis dus belangrik om dit dadelik voor te sit nadat jy dit gemaak het. Indien dit wel afkoel, kan jy die roosterkoek in foelie toedraai en later net weer oor die kole verhit.