Goud in die mond

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 8 snye brood van jou keuse – gewone winkelbrood is goed
  • botter
  • 2 eetlepels soet rissiesous of  appelkooskonfyt
  • 8 plakkies ham
  • 8 plakkies cheddarkaas
  • 5 eiers
  • 1 koppie melk
  • ’n knippie sout
  • ’n knippie gemaalde swartpeper
  • vars pietersielie of basilieblare, fyngekap

Só maak jy

1. Smeer die brood met botter en maak 4 toebroodjies, elkeen gevul met 1 teelepel soet rissiesous, 2 plakkies ham en 2 plakkies kaas.

2. Sny die toebroodjies in kwarte en pak dit in ’n pan wat jy op die vuur óf in ’n platboompotjie kan gebruik.

3. Klits die eiers, melk, sout en swartpeper saam en gooi dit bo-oor die broodjies. Laat dit eenkant staan vir 20 minute.

4. Bak die toebroodjies in die ketelbraai (met die deksel op) oor ’n matige hitte vir 25 minute tot goudbruin en uitgepof. Sprinkel die pietersielie of basielie oor.

Weg Ry & Sleep sê

Dié gereg is ook ’n lekker aandete – jy kan die vulsel aanpas met enige kouevleis of soutige smeer wat jy verkies.