Dié poeding sit die pot raak!


Jy benodig

(genoeg vir 6-8)

Vir die gemmersous

•    1 koppie suiker
•    2 koppies water
•    1 teelepel fyn gemmer

Vir die deeg

•    1 eetlepel botter
•    1 eetlepel konfyt
•    1 koppie koekmeel
•    1 teelepel koeksoda
•    ½ koppie melk
•    ’n knippie sout 

Só maak jy

1. Gooi al die sousbestanddele saam in ’n nr. 2-potjie en meng hulle.
2. Mengnou die botter en konfyt in ’n groot bak, gooi die res van die deegbestanddele by en meng alles goed.
3. Skep lepelsvol van die deeg in die stroop terwyl dit nog koud is, en kook hulle oor stadige hitte met die potdeksel dig toe vir 30 minute, tot die kluitjies uitgepof en gaar is. Bedien hulle warm.