Dié resep lyk grênder as wat dit is.

Jy benodig: 

Vir die bedruipsous 

  • sap en skil van 1 groot suurlemoen
  • 2 knoffelhuisies
  • 1 teelepel brandrissievlokkies
  • 125 ml olyfolie

    Vir die doopsous
  • 150 ml mayonnaise
  • 150 ml soetrissiesous 

    Vir die stokkies
  • 600 g stewige wit vis (ons het stokvis gebruik)
  • 800 g garnale, skoongemaak
  • 6 sosatiestokkies (in water geweek) 

Só maak jy:

1.Vars! Meng die sap en skil van die suurlemoen, knoffelhuisies, rissievlokkies en olyfolie en hou dit eenkant. 

2. Hmmm. Meng die mayonnaise en soetrissiesous en sit dié sous solank op die etenstafel. 

3. Ryg in en verf. Sny die vis in stewige blokke van 2cm x 2cm. Ryg ’n garnaal op ’n sosatiestokkie, gevolg deur ’n blok vis. Herhaal tot die stokkie vol is. Verf die bedruipsous oor al die seekosstokke.

4. Gou gaar. Braai oor warm kole vir sowat 10-12 minute en verf die sous deurentyd oor die seekos.