Jy benodig

(genoeg vir 4-6)

  • 4 ekstragroot eiers
  • 4 eiergele
  • 2½ koppies (625 ml) melk
  • 2 koppies (500 ml) room
  • 1 koppie (250 ml) strooisuiker
  • skil van 1 lemoen, fyngerasper
  • 12 mosbolletjies, in groterige stukke gebreek
  • ½ koppie (125 ml) rosyne
  • 3 eetlepels (45 g) botterklontjies

Só maak jy

1. Meng die eiers, eiergele, melk, room, strooisuiker en die lemoenskil.

2. Pak die mosbolletjiestukke in ’n eweredige laag in ’n gesmeerde platboompotjie en strooi die rosyne oor.

3. Giet die vloeistof oor en laat die poeding vir 20 minute staan.

4. Stip die poeding met botterklontjies. Bak die poeding vir ongeveer ’n halfuur op matige kole tot dit goudbruin en gaar is.