Jy benodig

  • 250 g (1 houertjie) hoenderlewertjies of skaaplewer, indien verkies
  • 12 ontpitte dadels of ’n 1/3de pakkie ontpitte dadels
  • 1 pakkie repiespek (250 g), in die lengte gehalveer
  • tandestokkies

Maak so

1. Neem ’n hoenderlewertjie en ’n dadel en rol dit toe in ’n halwe repie spek.

2. Steek die gedoente vas met ’n tandestokkie.

3. Braai oor matige kole tot die spek bros en die lewer gaar is.

4. Sit warm voor as ’n happie.