Bou jou eie burger

Jy benodig

(genoeg vir 4)

  • 2 blikkies tuna in soutwater (170 g), gedreineer
  • 1 ui, fyngekap
  • 4 eetlepels gekapte vars kruie soos grasuie of pietersielie
  • 5 eetlepels bruismeel
  • ½ teelepel rooipeper
  • sout en swartpeper na smaak
  • 4 eetlepels olie vir braai
  • 4 skywe pynappel (vars of geblik)
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • slaaiblare 
  • gesmeerde broodrolletjies

Só maak jy

1. Meng die tuna, gekapte ui, kruie, bruismeel, rooipeper, sout en swartpeper deeglik saam en vorm 4 ewe groot patties uit die mengsel.

2. Braai die patties aan albei kante in die olie tot dit mooi ferm en goudbruin is. Braai ook die pynappelringe vir ’n minuut of twee aan elke kant tot dit skroeimerke het.

3. Sit die patties en pynappel saam met mayonnaise en slaaiblare op die broodrolletjies – laat die kinders sommer hulle eie burgers bou.

Weg Ry & Sleep sê

Hierdie burgers is heerlike padkos vir die volgende oggend se wildkykrit.