Jy benodig

  • 250 g botter teen kamertemperatuur
  • 1 koppie bruinsuiker
  • 1/2 koppie witsuiker
  • 2 eiers
  • 2 teelepels vanieljegeursel
  • 2 1/3 koppies (300 g) koekmeel
  • 1 teelepel koeksoda
  • 1/2 teelepel sout
  • 80 g melksjokolade, in stukkies gekap
  • 160 g donkersjokolade, in stukkies gekap

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Verroom die botter en suiker saam in ’n staanmenger. Roer die eiers een-een by gevolg deur die vanielje.

2. Meng die meel, koeksoda en sout en roer dit in vier sarsies by die bottermengsel tot net-net gemeng. Vou dan die sjokolade daardeur – wees versigtig om nie die mengsel te veel te meng nie.

3. Smeer ’n 26 cm-swaarboompan of -pot met botter, skraap die mengsel daarin uit en druk dit met die hand plat. Prik die deeg oraloor met ’n vurk.

4. Bak dit vir 25 minute – die poeding sal nog effens kluitjierig en klam wees in die middel. As jy liewer ’n tekstuur van warm brosbrood verkies, kan jy dit tot 35 minute bak. Sit die poeding dadelik voor – sommer so in die pot met bolletjies roomys bo-op.