Jy benodig

  • 1 ½ koppie fyn piesang (3-4 piesangs)
  • 6 eetlepels botter, sag
  • ¾ ligbruinsuiker
  • 1 groot eier
  • 1 teelepel vanieljegeursel
  • 1¼ witmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • ½ teelepel sout
  • ½-1 koppie sagte karamel (Wilson’s Cream
  • Caramels of fudge), fyngekap

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 170 °C. Smeer 1 broodpan van 22 x 12 cm.

2. Druk die piesangs fyn en meng met die eier, botter en suiker. Meng die droë bestanddele daarby. Roer die gekapte karamel deur.

3. Skraap die mengsel in die oondpan en bak vir 60-70 minute of totdat die brood goudbruin is en ’n toetspen skoon uitkom. Laat 10 minute in die pan afkoel voordat jy dit uitkeer. Laat die brood heeltemal afkoel voordat jy dit sny.