Foto's: DONNA LEWIS

Vir 8-10 mense

Jy benodig 

  • 6 hoenderdytjies
  • 6 hoenderboudjies
  • sout en varsgemaalde swartpeper

Vir die sous

  • 2 teelepels botter
  • 1 ui, fyngekap
  • 3 vet knoffelhuisies, fyngekap
  • 1 koppie ongegeurde jogurt
  • 1 koppie mayonnaise
  • ¼ koppie sagte bruinsuiker
  • ¹⁄3 koppie tamatiesous
  • 2 teelepels worcestersous

Só maak jy

  1. Sit die oond aan op 180 °C.
  2. Pak die hoenderstukke in ’n oondskottel en geur dit oraloor met sout en swartpeper.
  3. Brou die sous. Smelt die botter in ’n kastrol en braai die ui daarin totdat dit sag is. Gooi die knoffel by en braai dit dan vir nog ’n minuut of twee. Verwyder dit van die hitte.
  4. Meng die jogurt, mayonnaise, bruinsuiker, tamatiesous en worcestersous en gooi dit dan by die gebraaide ui. Giet die sous oor al die hoenderstukke.
  5. Warmplek toe met julle. Maak die oondskottel met foelie toe en bak dit vir sowat 1 uur totdat die hoender gaar en sag is.
Weg sê:
Moenie die jogurt direk by die gebraaide uie in die kastrol gooi nie, want die hitte sal dit laat skif.  As jy nie nog ’n bak wil vuilmaak nie, wag totdat die uie in die kastrol afgekoel het voordat jy die sousbestanddele bymeng.