Jy benodig

  • 12 teelepels Milo
  • 1 liter melk
  • 1 pak malvalekkers
  • Versierlekkertjies (Hundreds and Thousands)

Só maak jy

  • Deel die Milo-poeier in vier bekers.
  • Kook die melk en gooi dit by die Milo in die bekers en roer totdat die Milo opgelos is.
  • Braai vir elke beker ’n paar malvalekkers oor lae kole en dompel dit in die warm Milo.
  • Besprinkel elke beker nou met versierlekkertjies
  • Laat dit ’n bietjie afkoel en roep die kinders!