Foto's: Myburgh du Plessis. Assistent: Merrill Buckley.

Vir 6 | Voorbereityd 1 uur | Gaarmaaktyd 30 minute 


Jy benodig

Vir die pannekoek

• 2 koppies meel

• 2 teelepels bakpoeier

• 1 teelepel sout

• 1½ koppie melk

• 1½ koppie water

• 4 eiers

• 1 eetlepel asyn

• ¼ koppie olie (plus ekstra)

Vir die vulsel

• 2 koppies room

• 1 koppie mascarpone

• ½ koppie versiersuiker

• 4 koppies aarbeie

Só maak jy

1. Meng die meel, bakpoeier en sout saam. Meng dan die melk en water daarby totdat dit ’n gladde beslag vorm. Klits die eiers, asyn en olie by tot goed gemeng. Laat staan die beslag vir minstens 30 minute (maar verkieslik oornag) in die yskas.

2. Verhit ’n lekseltjie olie in ’n pan en voeg skep net meer as ’n halwe soplepel van die beslag in sodra die olie warm is. (Die eerste pannekoek is altyd ’n flater – ek glo dit is ’n offer aan die pannekoekgode en moet dadelik verorber word sodat die res van die baksel ’n sukses sal wees!) Hou aan bak totdat die beslag opgebruik is.

3. Klits die room styf en vou die mascarpone en versiersuiker daarby in. Kap die aarbeie baie fyn. Hou ’n paar skeppies eenkant en vou die res ook deur die roommengsel.

4. Stapel nou die pannekoeke op mekaar met ’n dun lagie aarbeiroom tussenin. Versier die bokant met die aarbeistukkies wat jy uitgehou het, verkoel die koek in die yskas en eet hom nog dieselfde dag