Foto's: Myburgh du Plessis | Assistent: Merrill Buckley
Vir: 4 | Voorbereityd: 30 minute | Gaarmaaktyd: 25 minute
Jy benodig
• 6 repies spek
• 2 koppies aartappelblokkies van 1 cm elk
• 3 eiers
• ¾ koppie bruismeel
• ’n knippie sout
• 1 eetlepel olyfolie
• 1 koppie melk
• 1 koppie cheddar, gerasper
Só maak jy
1. Voorverhit die oond tot 200 ºC en smeer ’n vierkantige 24 cm-oondbak met botter.
2. Verhit ’n pan en braai die spek daarin tot gaar. Skep die spek uit en kap dit in klein blokkies. Moet egter nie die panolie weggooi nie!
3. Roerbraai die aartappelblokkies in die panolie vir sowat 10 minute tot gaar. (Om tyd te spaar kan jy die aartappelblokkies eers vir 5 minute in die mikrogolfoond kook.)
4. Intussen kan jy die eiers, bruismeel, sout, olyfolie en melk goed saamklits. Roer die spekblokkies en ’n halwe koppie kaas daarby en skink die mengsel in die voorbereide oondbak. Sprinkel die gaar aartappelblokkies bo-oor, gevolg deur die res van die kaas.
5. Bak dit vir 20-25 minute of tot uitgerys en goudbruin. Sit dit dadelik warm uit die oond voor.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET