Foto's: Ed O’Riley

Klik op die skakels vir die volledige resepte:

Knoffelmossels met spek 

Staanrib met paprika

Staanrib met paprika
Staanrib met paprika

Eiers-in-kombersies

Eiers-in-kombersies
Eiers-in-kombersies

Gevlokte beesvleis met boontjies 

Gevlokte beesvleis met boontjies
Gevlokte beesvleis met boontjies

Biltongburgers

Biltongburgers
Biltongburgers

Sagopoeding met whiskykaramel en vla 

Sagopoeding
Sagopoeding met whiskykaramel en vla


’n Glasie op Pa

’n Glasie op Pa
’n Glasie op Pa

Vier Vadersdag met dié drie rooiwyne. Elkeen komplementeer vandeesmaand se geregte, én Pa sal lekker bederf voel. Cinsault maak deesdae weer almal opgewonde met sy heerlike varsheid en aptytlike geure. Dié druifsoort is aanvanklik geplant omdat dit die versengende Suid-Afrikaanse somer kon deurstaan, en het oor die jare heen lyf aan verskeie rooiwyne gegee.

Die False Bay Vineyards Revenant Red 2017 (R100) word gemaak van 80% cabernet sauvignon en 20% cinsault.

Revenant verwys na iemand wat terugkom, en dis gepas vir dié druifsoort wat weer sy terugkeer maak. Verwelkom die sappigheid!

Overhex Wyne buite Robertson is bekend vir goeie wyn wat waarde vir geld is. Deesdae spog hy met die nuwe Survivorreeks wat in klein hoeveelhede gemaak word. Die Survivor Wild Yeast Syrah 2017 (R185) is gemaak van heel trosse wat in eikehoutvate gefermenteer word. Dié wyn is lekker geurig en perfek vir sterk geregte.

Namate klimaatsverandering byna elke aspek van ons lewe beïnvloed, gaan dit beslis ook die kollig plaas op nuwe druifsoorte, soos grenache. Dis ’n taai druif wat hoë temperature kan trotseer en min water nodig het. Dit produseer gladde, geurige wyn soos die Welgegund Heritage Wines Grenache Noir 2017 (R340). 

Dié dekadente wyn biedrooi vrugte en ’n lekker ondertoon van witpeper. Dis aan die duur kant, maar gerookte lamsribbetjies is die prys werd. 

– Cathy Marston