Foto's: Myburgh du Plessis | Assistent: Merrill Buckley 

Voorbereityd: 10 minute | Gaarmaaktyd: 10 minute | Vir: 4  

Jy benodig 

• 1 koppie bruismeel

• ’n knippie sout

• 1 eier

• ½ suurlemoen se gerasperde skil en sap

• 2 koppies mielies – gebruik blikkies pitte of die roomsoort óf bevrore mielies

• 1 koppie avokadoblokkies

• ½ koppie cheddar, gerasper

• 2 stingeluie, gekap

• 1 eetlepel koljanderblare, gekap

• botter vir braai

Só maak jy

1. Meng die bruismeel, sout, eier, suurlemoenskil en -sap en mielies saam. Roer dan die avokado, cheddar, stingeluie en koljanderblare daarby.

2. Smelt 1 eetlepel botter in ’n pan en skep 2 eetlepels van die beslag per koekie in die pan. Braai stadig totdat die koekie ferm en goudbruin is voordat jy dit omdraai.

3. Sit die koekies dadelik voor met ekstra suurlemoenskyfies en rissiesous