Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 10 minute


• 250 g skulpiepasta
• 2 ryp avokado’s, geskil en ontpit
• 1 suurlemoen
• 3 eetlepels pietersielie, gekap
• 1/3 koppie olyfolie
• swartpeper na smaak
• sout na smaak
• 2 hande vol gerasperde parmesaankaas


1. Kook die pasta in ’n pot soutwater tot ferm maar gaar. Dreineer dit en sprinkel ’n paar druppels olyfolie oor sodat die skulpies nie aanmekaar vasklou nie. Laat dit effens afkoel.

2. Versap die avokado, die sap en gerasperde skil van die suurlemoen, pietersielie, olyfolie en ’n hand vol parmesaankaas saam totdat dit ’n romerige sous vorm. Verdun die sous, indien nodig, met ’n paar druppels water, ekstra olie of suurlemoensap.

3. Geur dit na smaak met sout en peper, meng die sous met die pasta en sprinkel nog ’n hand vol kaas bo-oor.

4. Vir ekstra lekker kan jy die pasta opvrolik met ’n gekapte gebraaide pekanneute of brosgebraaide spekstukkies. Skep ’n geposjeerde of gebakte eier bo-op elke porsie vir ’n meer stewige maal.