Soos Ouma dit gemaak het

Jy benodig

(genoeg vir 8)

  • 1 eetlepel olyfolie
  • 250 g beesmaalvleis250 g varkworsies
  • 1 eetlepel kerriepoeier
  • ½ teelepel komynpoeier
  • ½ koppie ertjies
  • 2 wortels, fyngekap
  • ½ koppie water
  • sout en swartpeper na smaak

Vir die broodjies

  • 16 snye witbrood
  • botter

Só maak jy

1 Verhit die olyfolie in ’n pan en voeg die maalvleis by. Druk die vleis uit die varkworsies en gooi dit ook in die pan. Voeg die kerrie- en komynpoeier by en braai die mengsel tot mooi goudbruin en gaar.

2 Roer die ertjies, wortel en water by, geur die vleis na smaak met sout en peper, sit die deksel op en prut dit vir 10 minute.

3 Smeer die brood met botter, vul twee snye brood met ’n skeppie maalvleismengsel en braai die toebroodjie in ’n jafelpan tot goudbruin.

Weg Ry & Sleep sê
Jy kan hierdie vulsel gerus vries en dit later vir enigiets van ’n roti tot ’n braaipastei gebruik.