Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 4 uur 

Jy benodig

  • 1 kg beesborsstuk (brisket)
  • 4 teelepels growwesout
  • gemaalde swartpeper
  • 2 eetlepels botter
  • 2 uie, in kwarte gesny
  • 3 knoffelhuisies, fyngekap
  • 3 koppies melk
  • 1 koppie beesvleisaftreksel
  • 2 lourierblare
  • 500 g jong patats, middeldeur gesny
  • ’n hand vol pietersielie, gekap

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 160 ºC. Geur die vleis met sout en swart-peper en braai dit in ’n groot platboompot tot dit oraloor mooi goudbruin is.

2. Voeg die botter, ui en knoffel by die pot en skink die melk en aftreksel rondom die vleis. Voeg die lourierblare by, sit ’n styfpassende deksel op en bak dit vir drie uur of tot die vleis sag is.

3. Skep die borsstuk uit en gee die sous ’n deeglike roer – dit sal bruin en brokkerig wees. Pak die patats daarin, sit die vleis bo-op en sit dit terug in die oond.

4. Verhit die oond tot 180 ºC en bak dit tot die patats sag is. Sny die vleis in stukke, skep dit terug in die pot en garneer dit met pietersielie