Vir 4 |  Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 5 minute 

Jy benodig

• 30 ml grondboontjiebotter (onversoet)

• 50 ml sterk kerriepoeier

• 60 ml witasyn

• 60 ml sojasous

• 15 ml suiker

• 2 eetlepels olyfolie

• 500 g kruisskuif, in blokkies gesny

• 1 groen soetrissie, in blokkies gesny

• 1 ui, in blokke gesny

Só maak jy

1. Meng die grondboontjiebotter, kerriepoeier, asyn, sojasous, suiker en olyfolie saam. (As dit nie loperig genoeg na jou sin is om die vleis deeglik te bedek nie, kan jy ’n bietjie water byvoeg.) Skink die sous oor die beesvleisblokkies en laat dit vir 1 uur buite die yskas marineer.

2. Ryg die beesvleis, soetrissie en uie afwisselend op sosatiestokkies. Braai dit vir 1 minuut aan al vier kante oor warm kole tot mooi goudbruin. Laat die sosaties onder ’n stuk foelie rus en sit dit voor met ekstra gekapte grondboontjies en koljander, indien verkies.