Hierdie muffins is die ideale padkosontbyt vir wanneer julle voordag al moet vertrek. Dis lekker soutig en maklik om so in die ry te hap. 

1. Voorverhit die oond tot 180 °C. Spuit ’n standaardmuffinpan met kleefwerende kossproei.

2. Verhit die botter in ’n pan en braai die sampioene en sprietuie saam tot sag. Verwyder van die hitte en hou eenkant.

3. Meng die meel, bakpoeier, koek-soda en sout saam. Roer die kaas en biltong daarby.

4. Klits die karringmelk, olyfolie en eier saam. Roer die sampioene en sprietuie daarby. Kombineer die meelmengsel en die eiermengsel tot net gemeng.

5. Vul die holtes van die muffin- pan tot driekwart. Bak vir 15 minute tot goudbruin.