Dúk en lekker

Jy benodig

(genoeg vir 6)

  • 1 ui, fyngekap
  • ½ koppie botter
  • 2 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 1 teelepel fyn komyn
  • 1 teelepel fyn koljander
  • 2 groot wortels, fyngerasper
  • ¼ koppie meel
  • 2 l biefaftreksel
  • 300 g biltongpoeier
  • 3 koppies room (vars óf boksroom)
  • ¾ koppie melk
  • 2 koppies gerasperde cheddarkaas
  • 100 g gekrummelde bloukaas
  • sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1. Soteer die ui in die botter tot dit sag en glansend is. Voeg die knoffel, komyn, koljander en wortel by en sweet die mengsel oor ’n baie lae hitte tot dit sag en geurig is. Sprinkel die meel oor en prut die mengsel vir 2 minute.

2. Voeg die aftreksel bietjies-bietjies by en roer alles goed deur. Voeg nou die biltong by, roer weer en verhit alles tot kookpunt. Prut die mengsel vir 20 minute tot dit dik word. 3 Roer die room, melk en kaas by. Haal dit dadelik van die hitte af en geur die sop na smaak met sout en swartpeper.

Weg Ry & Sleep sê
Die wortel kan jy ook vervang met gerasperde aartappel of patat.