Jy benodig

(genoeg vir 8)

• 200 g Oreo-koekies, gekrummel
• 1 blikkie (385 g) karamel
• 1 blikke (400 g) swart kersies, gedreineer 
• 1 blikkie (410 g) ingedampte melk
• 2 eetlepels koffie uit jou koffiekan uit
• 2 eetlepels witsuiker 
• 1 Flake-sjokoladestafie, gekrummel

Só maak jy

1. Sit die Oreo-krummels onderin 8 afsonderlike 250 ml-glasies of in 1 groot poedingbak. Skep dan eers die karamel oor en pak die kersies bo-oor.

2. Klits die ingedampte melk, koffie en suiker saam tot dit stywe punte vorm en vul die poedingglasies of -bak daarmee.

3. Sprinkel die sjokoladekrummels bo-oor.