Probeer dié rolletjies met fyn klapper en mentsous… of blatjang as jy dit eenvoudig wil hou.

1. Smelt die botter in ’n pan en braai die ui en kerriepoeier vir 5 minute daarin totdat die ui glansend en geurig is.

2. Meng die ui baie goed met die res van die bestanddele en vorm dan eetlepelgrootte bolletjies. Laat dit vir minstens 20 minute in die yskas rus sodat dit lekker ferm kan raak.

3. Braai die bolletjies in ’n warm pan tot goudbruin en gaar. Neem nou sosatiestokkies en steek 2 bolletjies op elke ’n stokkie. Sit voor as ’n tapa met ’n bakkie fyn klapper en ’n bakkie gebottelde mentsous. Doop ’n frikkadel in die sous en sprinkel dan ’n bietjie klapper oor.