Jy benodig

(genoeg vir 4-6)

  • 1 pak (500 g) spaghetti
  • 1 pak (800 g) boerewors
  • 1 eetlepel sonneblomolie
  • 1 fles (375 g) tamatie-pastasous
  • 2 vars tamaties, gekap
  • 1 eetlepel rissiesous
  • 1 koppie gerasperde cheddarkaas
  • sout en swartpeper na smaak

Só maak jy

1. Kook die spaghetti volgens die aanwysings op die pakkie in ’n pot vol soutwater.

2. Druk die vleis uit die wors en maak klein frikkadelletjies daarvan. Pak die frikadelletjies in ’n pan met die olie en braai dit tot mooi goudbruin. Gooi die pastasous daarby en prut dit tot warm en gaar.

3. Sit die frikkadelle en sous voor met die pasta, vars tamatie, rissiesous en kaas.

Weg Ry & Sleep sê
As jy nie pasta byderhand het nie, kan jy die frikadelle en sous oor krummelpap voorsit. 


Kry nog resepte uit ons Mei-uitgawe hier.