Opinies oor die gaarmaaktyd vir groen groente wissel. Ek hou daarvan krakerig met ’n pikante slaaisous. Jy kan natuurlik die groente kook totdat dit na jou smaak is, of dit selfs in botter en olyfolie roerbraai vir ekstra karamellisering en ’n sagter tekstuur voordat jy die sousie oorgooi.

1. Skud die mosterd, heuning, asyn, olyfolie, ui en bosbessies saam in ’n skroefdopfles tot alles goed gemeng is.

2. Dompel die boontjies en Brusselse spruitjies vir sowat 5 minute in kookwater, dreineer en meng dit dadelik met die slaaisous. Laat die groente in die sous kamertemperatuur bereik voordat jy dit voorsit. Sprinkel die neute, sout en peper net voor opdiening oor.