Vir 6 |  Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 45 minute

Jy benodig

  • 60 ml botter
  • 1 klein ui, fyngesny
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • ½ teelepel rooipeper
  • 4 middelslag-aartappels, fyngerasper
  • sout
  • swartpeper
  • 1 kop broccoli, in blommetjies gebreek
  • 250 g roomkaas
  • 500 ml cheddar, fyngerasper
  • 250 ml mozzarella, gerasper
  • 250-375 ml broodkrummels
  • vars basilieblare

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 160 ºC.

2. Smelt die botter en braai die uie, knoffel en rooipeper tot geurig. Roer die gerasperde aartappel by en braai dit vir 10 minute oor matige hitte tot sag. Geur dit na smaak met sout en swartpeper.

3. Meng die aartappelmengsel, broccoli en roomkaas goed en roer dan twee derdes van die cheddar en die mozzarella daardeur.

4. Skep die mengsel in ’n oondbak of platboompotjie en strooi die res van die kaas oor, gevolg deur die krummels. (Die beste is om die mengsel in ’n groot, wye bak of pot te bak sodat ’n groter oppervlak met krummels bedek word.) Bedek met foelie en bak vir 15 minute. Verwyder die foelie en bak vir nog 5-10 minute tot die bolaag verbruin. (Die gereg kan ook met kole op die deksel vir 30 minute gebak word.) Sit dit warm voor saam met ’n strooisel basilie.