Hierdie pasteitjies is lywig genoeg vir ’n ligte maaltyd. En as dit weer jou markdagbeurt is by die skool, sal dit ook die monde laat water! 

Oondtemperatuur: 200 ºC 

1. Voorverhit die oond. Spoel die spinasieblare goed af, klad dit met ’n vadoek droog, sny die wit are uit en kap die are fyn. Skeur die groen blare rofweg kleiner en hou dit eenkant.

2. Smelt die botter in ’n pan en braai die spek daarin tot dit goudbruin en bros is. Skep die gaar spek uit en behou die vet. Braai dan die spinasieare daarin tot dit glansend en sag is. Roer die meel by en braai die mengsel vir nog ’n minuut of twee tot dit begin skuim.

3. Klits die melk by en roer tot dit verdik. Voeg nou die groen spinasieblare by die sous, geur dit na smaak met sout, peper en neutmuskaat en stoom dit vir nog ’n paar minute met die deksel op totdat die blare verwelk het en die sous heeltemal gaar is. (Dit moenie soos meel smaak nie!) Haal dit van die hitte af en laat dit afkoel tot kamertemperatuur.

3. Rol die blaardeeg effens dunner en sny dit in 6 ewe groot vierkante. Spuit die holtes van ’n groot muffinpan met kleefwerende kossproei en voer elke holte met ’n vierkant deeg uit sodat die hoeke uitsteek. Skep ’n lepel vol van die spinasievulsel in elke deegbakkie, gevolg deur ’n paar skyfies camembert en ’n strooisel spekstukkies. Herhaal die lae totdat al die vulsels opgebruik is.

4. Vou nou die deegvierkant se hoeke bo-oor die vulsel – dit hoef nie die vulsel heeltemal te bedek nie; die bietjies wat uitloer, laat die pasteitjie mooi lyk.

5. Verf die pasteitjies met eier en bak dit vir 30 minute of totdat die deeg goudbruin en gaar is. Laat dit effens afkoel en keer dit dan versigtig op ’n draadrakkie uit