Vir 6 | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 10 minute

Jy benodig

  • 500 g varkworsies
  • 250 g beesmaalvleis
  • 2-3 chipotle-rissies, fyngekap
  • 1 teelepel gerookte paprika
  • ½ teelepel rooipeper

Só maak jy

1. Druk die varkworsies se vleis uit die derms en meng dit met die beesvleismaalvleis, rissie, paprika en rooipeper. Meng dit met jou hande.

2. Vorm 6 ewe groot vleisbolletjies en druk dit met die palm van jou hand plat tot dit net-net groter is as jou broodrolletjie.

3. Verhit ’n gietysterpan tot warm, voeg ’n leksel olyfolie by en pak die patties daarin. Draai die patties eers om wanneer ’n bruin kors aan die onderkant begin vorm. Braai die patties vir ongeveer 3-4 minute aan ’n kant of so gaar as wat jy daarvan hou.

4. Bedien die burgers met die braaimarinade, fyngedrukte avokado en mieliepoffertjies. (Kry die resep vir mieliepoffertjies hier.)