Vir 6 | Voorbereityd 15 minute | Gaarmaaktyd 5 minute 


Jy benodig

VIR DIE SLAAISOUS

  • ½ suurlemoen se gerasperde skil en sap
  • 4 eetlepels olyfolie
  • 1 teelepel gerookte paprika
  • sout na smaak
  • swartpeper na smaak

VIR DIE SLAAI

  • 3 koppies kool, gesnipper 
  • 125 g chorizo, in wieletjies gesny
  • 30 g amandels, gekap
  • 3 vars dadels, gekap
  • 4 sprietuie, gekap

Só maak jy

1. Meng al die bestanddele vir die slaaisous in ’n koppie bymekaar en meng die sous dan deeglik met die kool – sommer in die slaaibak wat jy gaan gebruik. 

2. Braai die chorizo vir ’n minuut of twee in ’n pan en roer dan die amandels en dadels daarby. Braai dit vir nog ’n minuut of twee. Sprinkel die chorizo-mengsel saam met die gekapte sprietuie bo-oor die koolslaai. Jy kan dit dadelik voorsit of oornag in die yskas bêre.