Bedien dié slaai warm of koud saam met braaivleis, geroosterde hoender of vis. 

1. Sit die couscous in ’n houer met ’n deksel wat dig sluit en giet die kookwater bo-oor. Sit die deksel op en stoom die couscous vir 5 minute.

2. Roer die couscous met ’n vurk tot al die korrels los van mekaar is. Voeg die kekerertjies, suurlemoensap, olyfolie, sout en peper by. Voeg nou die res van die bestanddele by. Laat die slaai vir ’n rukkie rus sodat die geure kan ontwikkel.

WENK
Voeg gevlokte braaihoender en feta by die slaai en bedien dit as ’n hoofgereg