Jy gaan waarskynlik nie jou klitser wil uitgrawe elke keer as jy ’n bietjie mayonnaise nodig het nie, maar tuisgemaakte mayonnaise is bobaas.
Lewer 2 koppies | Voorbereityd 10 minute
Jy gaan waarskynlik nie jou klitser wil uitgrawe elke keer as jy ’n bietjie mayonnaise nodig het nie, maar tuisgemaakte mayonnaise is bobaas.
Jy benodig
• 2 eiergele teen kamertemperatuur
• ’n knippie sout
• 2 koppies druiwepit-, sonneblom of avokado-olie
• 4 eetlepels olyfolie (opsioneel)
• witpeper na smaak
• 1 knoffelhuisie, fyngekap
• 1 eetlepel growwe mosterd
• 1-2 eetlepels rooiwynasyn of suurlemoensap
• ’n knippie suiker
Só maak jy
bSpoel ’n glasbak met kookwater uit. Gebruik ’n ballonklitser of elektriese handklitser om die eiergele en sout te klits. Dis belangrik dat die eiers nie direk uit die yskas kom nie, maar kamertemperatuur is.
2. Voeg die olie druppel vir drupel by terwyl jy aanhou klits. As die sous begin verdik, gooi die olie in ’n dun straaltjie by, maar hou aan klits.
3. Voeg die res van die bestanddele by en meng dit goed deur. Proe, en gooi nog asyn of sout na smaak by. Klits ’n paar lepels kookwater by as jy dunner mayonnasise verkies. Bêre dit in die yskas en gebruik binne 4 dae.
WENK: Moenie die 2 koppies druiwepit- of sonneblomolie met olyfolie vervang nie – laasgenoemde se geur is te sterk.

Ons wil graag hê jy moet langer kuier.
Teken in en kry onbeperkte toegang tot 11 Afrikaanse tydskrifte en 35 koerante. Alles op een plek.
KIES JOU PAKKET