Jy benodig

(genoeg vir 4 )

  • 4 hoenderboud-en-dy-kwarte
  • ½ koppie sojasous
  • ½ koppie whisky
  • 3 knoffelhuisies, gekneus
  • 1 toontjie gemmer, fyngerasper
  • 2 teelepels heuning
  • 2 eetlepels olyfolie

Só maak jy

1. Sny ’n paar diep kepe in elke stuk hoender. Meng die res van die bestanddele saam en giet dit oor die hoender. Meng alles goed deur en marineer die hoender vir 2 uur. Onthou om die vleis weer tot kamertemperatuur te laat kom vóór jy dit braai.

2. Braai die hoender oor matige kole vir sowat 20 minute of tot dit so te sê gaar is. Soos altyd word die gaarmaaktyd bepaal deur die hitte van jou vuur en die grootte van die vleis – oordeel dus self.

3. Kook intussen die marinde vir ’n paar minute in ’n kastrolletjie tot dit effens verdik. Verf die hoender nou mildelik daarmee terwyl jy dit vir nog 10-15 minute braai tot goudbruin en gaar. Dit is heerlik saam met gestoomde rys.

Ry & Sleep: Gebruik ’n groot braaibakdeksel om die hoender effens toe te maak vir die laaste hoera as jy ’n ekstra rookgeur wil hê.

Word deel van die Weg-wêreld
Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook