Vir 4 | Voorbereityd 5 minute | Gaarmaaktyd 20 minute

Jy benodig

  • 1 eetlepel botter
  • 400 g kaaswors, in wieletjies gesny
  • 1 ui, fyngekap
  • 2 knoffelhuisies, fyngekap
  • 2 koppies hoenderaftreksel
  • 1 blikkie (410 g) All Gold Mexican Diced Tomatoes
  • ½ koppie room
  • 250 g skroefiepasta
  • sout en peper na smaak
  • 1 koppie cheddarkaas, gerasper

So maak jy

1. Braai die wors en uie saam in botter in ’n diep pan of swaarboompot vir 5 minute. Voeg die knoffel, aftreksel en tamaties by en bring tot kookpunt.

2. Voeg die pasta by, sit die deksel op en verlaag die hitte sodat die gereg vir 10-15 minute prut. 

3. Roer die room by die warm pasta, geur die pasta na smaak met sout en peper, en sprinkel die kaas bo-oor.