Dit maak nie saak of dit ou staatmakers of nuwe geure is nie – iets oor die kole hou almal tevrede. Ons het ’n paar resepte vir Erfenisdag saamgestel wat kan help met jou spyskaartbeplanning. 


Braai: Steak met roosmarynsout 

Steak is altyd ’n braai-staatmaker. Maak dit met dié roosmarynsout en pregosous – jy sal nie spyt wees nie!

Braai: Snoek met ’n appelkoos-en-lemmetjiesalsa

Appelkooskonfyt en snoek is heerlik saam – maak dié salsa met lemmetjiesap.

Braai: Paprika-varkrib 

Die paprika en komyn is ’n wen-geurkombinasie.

Bykos: Gevulde pampoen

Vul só ’n pampoen en verras almal om die Erfenisdag-tafel. Jy kan dié vullende bykos al ’n dag voor die tyd gaarmaak. Gebruik enige klein pampoen of skorsies wat jy kan uithol.

Bykos: Superstokbrood 

’n Krakerige degie, ingevlegde spek en gesmelte kaas... Dís mos nou stokbrood! 

Nagereg: Potpoedingkluitjies met gemmersous

Dié poeding is ook heerlik as jy die gemmer in die stroop met fyn kaneel vervang.