Vir: 6 | Voorbereityd: 20 minute | Gaarmaaktyd: 30 minute

Jy benodig

  • 1 eetlepel botter
  • ¼ rooiui of 1 salot, fyngekap
  • 2 koppies ertjies
  • ¼ koppie water
  • ½ teelepel sout
  • 1 koppie ricotta
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • 4 groot eiers
  • ¼ koppie crème fraîche
  • ½ koppie cheddar of gruyère, gerasper
  • 2 eetlepels mentblare
  • 2 teelepel suurlemoenskil, gerasper

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 180°C of kry warm kole gereed. Smeer ’n klein, plat swartpotjie of voer ’n 22cm-losboompan uit met bakpapier.

2. Soteer die ui in ’n pan in die botter vir ongeveer 5 minute tot sag. Roer die helfte van die ertjies deur die mengsel en voeg die aftreksel by.

3. Pols die mengsel in ’n voedselverwerker. Voeg die sout en ricotta by en pols tot verwerk. Voeg dan die eiers een vir een by en pols tot verwerk.

4. Skraap dit uit in ’n bak en klits die crème fraîche daarby. Roer die helfte van die cheddar en die res van die ertjies, mentblare en suurlemoenskil daardeur. Proe en voeg nog sout na smaak by.

5. Skraap die mengsel in die voorbereide pot of pan uit, sprinkel die res van die kaas oor en bak vir 30-35 minute. Indien jy dit in ’n pot bak oor kole, krap ’n kring louwarm kole wyer as die pot, plaas die pot in die middel en sprinkel ’n paar kole op die deksel. Loer nou en dan dat die kole nie te warm is en die gereg brand nie – dit behoort ná sowat 30 minute gestol in die middel te wees. Bedien warm of koud.