Jy benodig

  • 1 heel gerookte ham
  • 10 sjalotte of baba-uie, geskil
  • water
  • 2 eetlepels botter
  • 3 salieblare
  • 1 teelepel fyn komyn
  • 500 g gedroogde ertjies (split peas)
  • 200 g bevrore ertjies
  • sout en peper na smaak
  • 1 suurlemoen

Só maak jy

1. Voorverhit die oond teen 160 °C. Plaas die ham en uie in ’n pot en gooi die pot half vol water. Bedek dit met ’n styfpassende deksel en plaas dit in die oond vir sowat 90 minute totdat die vleis sag is en maklik uitmekaar getrek kan word.

2. Smelt die botter in ’n pot en braai die salieblare en komyn daarin tot geurig. Voeg die gedroogde ertjies by saam met 2 koppies water en 2 koppies van die aftreksel waarin die ham gekook is. 

3. Laat dit vir 30 minute prut. Proe, en voeg nog water by as die sop te sout is. As dit te laf is, gooi jy net nog aftreksel by.

4. Gooi die bevrore ertjies by die sop en laat dit verder prut totdat die ertjies deurwarm is. Proe, en voeg sout en peper na smaak by. Rasper die suurlemoenskil en voeg dit saam met die uitgedrukte sap by die sop. Sit dit voor saam met dik skywe gerookte ham. 

Word deel van die Weg-wêreld
Teken in op ons nuusbrief en ontvang elke week lekker leesstories, resepte en inligting oor ons nuutste toere en slypskole in jou inboks. Volg ons op die YouTube-kanaal WegTV (kyk ons nuutste video's eerste!), asook Instagram en Facebook.