Vir 4 | Voorbereityd 20 minute | Gaarmaaktyd 20 minute

Jy benodig

• 2 koppies witbroodkrummels
• ½ koppie room
• 500 g hoendermaalvleis
• 200 g varkmaalvleis
• 1 ui, gerasper
• 1 eetlepel vars dragon (tarragon)
• 1 teelepel sout
• ¼ teelepel witpeper
• ¼ teelepel neutmuskaat
• 1 eier, geklits
• 2 eetlepels botter

VIR DIE SOUS

• 1 eetlepel meel
• 1 koppie hoenderaftreksel
• 1 teelepel Dijon-mosterd
• 1 teelepel heuning
• 2 eetlepels vars dragon
• 1 koppie room

Só maak jy

1. Meng die broodkrummels en room saam en meng dit dan goed met die res van die bestanddele vir die frikkadelle. Rol happiegroot frikkadelle.

2. Braai die bolletjies vir ’n paar minute in die botter tot goudbruin. Skep dit uit en hou dit eenkant.

3. Maak die sous: Behou die panvette, sprinkel die meel direk daarin en roer dit tot ’n gladde mengsel. Voeg die aftreksel bietjies-bietjies by terwyl jy die mengsel die heeltyd roer. Verhit die sous tot kookpunt en laat dit dan prut tot die sous verdik. Roer die res van die bestanddele deur en pak die frikkadelle terug in die pan. Laat dit vir sowat 10 minute prut en sit dit dadelik voor.

WENK
Vir die sappigste vars hoendermaalvleis: Kap ontbeende hoenderdye in ’n voedselverwerker fyn, óf vra jou slagter om dit vir jou te doen. Vervang die dragon met enige ander kruie van jou keuse – roosmaryn is ook lekker.