’n Mengelmoes van kleur lyk vars en dis ’n manier om al daardie laaste goedjies in jou yskas se groentelaai te gebruik. Pas gerus die hoeveelhede aan na gelang van wat jy beskikbaar het. 

1. Gebruik ’n skerp kombuismes en kap die wortels, murgpampoentjies en radyse in klein blokkies. Meng dit goed deur en skep dit in ’n slaaibak.

2. Sny nou ook die spinasie fyn en roer dit deur die slaai. Strooi laastens die granaatpitte oor.

3. Gooi die res van die bestanddele saam in ’n skroefdopflessie en skud dit goed. Proe om seker te maak die geurbalans is na jou smaak, of pas aan soos nodig en giet dit dan oor die slaai. ’n Paar brokkies fetakaas bo-oor sorg vir ’n mooi afronding.