Probeer om ’n dik chorizo in die hande te kry en sny dit in ringetjies. Andersins kan jy enige ander chorizo of selfs salami gebruik.

Foto: Myburgh du Plessis



Lewer 6 porsies

Voorbereityd 10 minute 

Gaarmaaktyd 5 minute



Jy benodig 

• 450 g heel garnale

• 70 g chorizo of salami, in dun ringetjies gesny

• 4 eetlepels botter

• 3 knoffelhuisies, fyngekap

• ½ teelepel gerookte paprika

• 2 suurlemoene, gehalveer

Vir die doopsous

• 3 eetlepels srirachasous

• ½ suurlemoen 

• 4 eetlepels jogurt

• 1 eetlepel mayonnaise

Só maak jy

1. Verwyder die garnale se dermpie en die knip die pote af, maar behou die stert en kop. 

2.  Ryg die garnale en chorizo om die beurt op sosatiestokkies. Verhit die botter, knoffel en paprika saam in die mikrogolfoond.

3. Braai die suurlemoenhelftes saam met die sosaties vir slegs ’n paar minute oor matige kole tot gaar. Die garnale is gaar sodra die garnale van kleur verander. Verwyder van die kole en stroop die garnale en chorizoringetjies van die stokkies af. Druk van die suurlemoensap daaroor uit en bedruip dit met die bottersous.

4. Meng al die bestanddele vir die doopsous en sit dit saam met die happies voor.