Foto Donna Lewis

Jy benodig

(vir 6 mense)

• 6 groot aartappels, geskil

• 2 eetlepels botter

• 2 eetlepels olyfolie

• sout na smaak

Só maak jy

1 Voorverhit oond tot 200°C. Kook die aartappels tot gaar, maar nog mooi ferm – sowat 20 minute behoort genoeg te wees. Sny elke aartappel in die lengte middeldeur.

2 Skraap die aartappels met ’n vurk of skud hulle liggies in ’n kastrol met die deksel op sodat die kante kan grof raak.

3 Pak die aartappels langs mekaar in ’n oondpan en stip dit met die botter. Gooi die olyfolie eweredig oor en geur dit met sout. Rooster dit in die oond tot goudbruin en bros – draai dit gereeld om.

WENK
Jy kan ook die aartappels op dieselfde manier in ’n braaipan gaarmaak as jy nie ’n oond het nie.