Vir 6 | Voorbereityd 10 minute | Gaarmaaktyd 2 uur

Jy benodig

  • 1 koppie bruinsuiker
  • 1 koppie hoenderaftreksel
  • ½ koppie balsemiekasyn
  • 1 kg varklies, vel verwyder
  • 2 knoffelhuisies, gekap
  • 6 jong rooiuie
  • 3 vars pruime, ontpit en middeldeur gesny

Só maak jy

1. Voorverhit die oond tot 160 ºC. Kies ’n oondbak waarin die varklies knus sal pas. Los die suiker in die aftreksel op en skink dit saam met die asyn in ’n oondbak.

2. Voeg die vleis, knoffel en uie by, sit foelie oor en bak dit vir 1 uur.

3. Verhoog die hitte tot 200 ºC, haal die foelie af en bak dit vir nog 30 minute. Voeg die pruime by en bak dit vir nog 20-30 minute totdat die vleis sag en die sous effens taai is