Jy benodig:

*14-16 stukke beesplatrib, in blokke gesaag (± 8 cm x 8 cm)

Vir die marinade:

*250 ml sonneblomolie

*250 ml rooi druiwesap

*2 uie (gekap)

*1 groen soetrissie (gekap)

*2 x 200 ml-blikkies tamatiesap

*10 ml droë origanum

*4 ml peri-peri-speserye

*5 ml knoffelvlokkies

*10 ml sout

*2,5 ml peper

Maak so:

Laat marineer. Pak die ribbetjies in ’n marinadebak. Meng al die marinadebestanddele en gooi dit oor die ribbetjies. Marineer die rib ’n dag of twee voordat jy dit vries vir latere gebruik.

Kole toe. Ontdooi die vleis by die kamp. Plaas die ribbetjies in ’n ysterpot en kook in die marinade vir 30 tot 40 minute. Haal die ribbetjies uit die pot en braai in ’n toeknyprooster oor warm kole tot net bros. Moenie te lank braai nie; die vleis is reeds gaar en sal baie droog raak.

Hou die sous. Sit die marinade voor as ’n sous saam met pap.